jy het nie gevra dat ek jou respekteer nie, maar ek kon nie anders as om nog net op te kyk na jou nie.
jy het niks op my afgedwing nie, maar ek het alles wat jy met my tot dusver gedeel het ondersoek en tog aanvaar.
jy het nog nooit met jou titel na my afgekyk nie, maar ek het nog altyd opgekyk na wat jy in die lewe bereik het.
jy het nie een dag al vir my gese “jy sal” nie, maar ek het nog altyd gedoen soos jy vra.
jy het nognie een dag die onmenslike van my gevra nie, maar ek kry soms die onmoontlike vir jou reg.
jy verwag ontsettend baie van my, maar juis daarom ek kry dinge gedoen wat ek nooit van myself sou glo nie.
jy het nog nooit ‘n ondeursigtige besluit geneem nie, en ek kon nog altyd eties inval daarby.
jy draai nie doekies om nie, maar ek loop maklik die pad saam met jou.
jy sal nie sommer jou trane met die wereld deel nie, maar het my nog altyd daarmee vertrou.
jy sien jouself nie as ‘n vreeslike ‘kerkmens’ nie, maar ek leer elke dag Christus-lesse by jou .
ek weet jy is eintlik my CEO, maar dankie vir jou vriendskap!!