verwagtinge

vandag gaan ek ‘n eerlike klomp woorde neerskryf oor verwagtinge wat mene het. jy kan dit persoonlik opneem of jy kan ‘n paar tree in ons skoene saamloop. en al ken jy ons en al klink van die goed dalk bekend beteken dit nie noodwendig dat ek van JOU skryf nie… as jy dalk gladnie vir my & My Love ken nie, dalk ken jy mense soos ons – en dalk gee dit jou bietjiee meer insig in hul lewens. miskien skryf ek ‘n klomp goed wat jy self beleef binne jou eie konteks & verwoord ek slegs wat jy voel / beleef.

ek & My Love is gewone mense. ons staan net na 5h in die oggend op om als klaar te kry voor werk, ry ver & lank werk toe en werk hard. vanmiddag ry ons weer ver en lank terug huistoe en as dit winter is sien ons ons tuin NET naweke in daglig… en asof dit nie genoeg is dat ons elke dag ver & lank werk toe travel nie, travel ons ook nog baie gereeld na ander provinsies vir ons werke ook – albei, gereeld & dit gebeur soms dat ons mekaar net-net op die lughawe mis as 1 land & die ander 1 vlieg… ons weke is baie veeleisend en ons albei dra groot verantwoordelikhede wat noggals uitputtend kan raak op die lange duur.

ek & My Love kom al vir ons 9de jaar saam aan. dit vrywaar ons egter nie daarvan om tyd te invest om te bou aan ons verhouding – en vir die laaste 2 jaar aan ons huwelik nie. ons is nie vrygespreek van misverstande, stilstuipes ens nie. wat beteken dat ons ‘n punt daarvan maak om ONS-TYD te skep. tyd wat ons nie iets anders doen as om by mekaar te wees nie. en die wat ons goed ken weet dat ons nie sommer die naweek buite ons huis kuier wanneer 1 van ons die volgende week – en soms soos hierdie eerskomende naweek al vanaf die Sondag af – weg van die huis af travel vir werk nie.

ek & My Love het ook ‘n commitment in die lewe – juis 1 van die goed wat ons na mekaar aangetrek het en wat ons deel – om mense te versorg. daarom sal die wat ons goed ken ook weet dat ons LEWE vir mense… veral vir mense wat gay & gelowig is. ons journey eerlik met die Here, met onsself, mekaar & ons gemeente (wat toevallig as ‘n NG Kerk bekend staan, maar wat werklik ‘n veilige ruimte vir ons is) en ander mense oor wat God van ons dink en hoe om ons spiritualiteit te integreer met die gelowige gay persone wat ons is. en hierdie pad stap ons graag saam met ander mense wat nodig het om te journey.

en op hierdie stadium is daar 47 sulke individue wat ek by die naam sou kon noem saam met wie ons journey oor hierdie topic, waarvan ‘n groot klomp werklik nog struggle en selfs in die middel van die nag kontak sal maak & wil chat, wat deur donker tye gaan, wat raadop is, wat uit die huis geskop word & wat onterf word, wie se familie hulle reguit hel toe stuur en ander wat hul girlfriends los omdat “die bybel so se” of wat net wil kom bounce wat hulle beleef saam met hul boyfriends… iemand het noudie dag ge se: dis ‘n klein gemeente’tjie… en jip, dalk is dit…

my & My Love se harte is 100% committed & into this! ons sal ure spandeer saam met mense. ons sal dae saam dink oor ‘n challenge. ons sal jare bly bid vir iemand wat dit vra. ons sal ons huis se deure oopgooi vir iemand wat veiligheid soek. ons sal baie dinge prysgee om ander te dien.

wanneer ek & My Love dan nie elke dag / week / maand krag het om op ‘skool-aande’ uit te gaan, of in die stad te gaan eet net nadat ons by die huis instap – waarheen My Love elke dag travel, of elke naweek wil uitgaan nie, beteken dit nie ons hou nie van jou nie, dat ons nie belangstel in jou nie, dat ons upstairs is of jou ignoreer nie. dit is dalk net dat dit moeilik is…

en glo my – dit voel soos gister wat ons ‘happy new year’ & happy birthday geksree het (in Jan), maar vandag is al die 3de dag van die middelste maand van die jaar!! ek sal wraggies moet opskud om my birthday party se aankope te gaan doen (vir volgende jr Jan), want my gaste is al oppad… die tyd het verskriklik onder ons uitgehol. en die eerste helfde van hierdie jaar voel soos 1 groot gejaag & ‘n oogwink!

en dan terug na die topic… mense in ons lewens het groot verwagtinge wat hulle aan ons hang. & gedeeltelik vat ons dit. maar glo ons as ons se dat ons verantwoordelik wil optree met wie ons is – teenoor onsself, mekaar, God en ander mense. as ek & My Love dus nie ja kan se vir ‘n kuier nie, moet dit asb nie persoonlik opvat & vir maande nie met ons praat nie… as ek & My Love nee se vir ‘n party-aand, aanvaar asb ons ‘nee, jammer’ sonder om ‘n label om ons nekke te hang en dit teen ons te hou. moet asb nie glo dat ons nie foute kan maak nie, want ons doen. moet asb nie verwag dat ons altyd die antwoorde moet he nie, want ons journey steeds…

maar moet asb nie ophou om vir ons lief te wees nie. ons doen ons bes. kom loop eerder langs ons en journey saam met ons, want ons het dit nodig…

This entry was posted in My thoughts. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s