Die veld ruik na bossies en stof. Dis warm, maar om een of ander rede is ek nie ongemaklik nie. Ek sien 2 klippe op d grond + tel dit op. Die swart klip veral is vir my mooi. Ek loop en speel daarmee in my hand + gooi later weer die ander 1 trug.
Hoe verder ek loop + speel met die swart kliip, hoe ligter raak die klip totdat dit amper half hol voel. En dan sien ek ‘n opening aan d 1 kant van die klip + besef ek kan dit oopmaak!
Binne-in die klip-tassie sien ek ‘n paar goed raak wat ek herken. Ek sien ‘n klein naelskertjie, ‘n naelknipper + ‘n tweezer – maar alles very much male. Daar is ook ander goed in wat ek nie herken nie, maar ek is nie nuuskierig om uit te vind wat dit is nie.
Hoe meer goed ek uit d tassie pak, hoe groter raak dit en verander al verder in ‘n tas. Hoe verder ek stap en hoe meer ietems ek uithaal, is daar ‘n vreemde sensasie van ‘n man wat saam met my begin stap – maar hy word meer hoe meer goed ek uitpak…
Hoe meer items ek uitpak, hoe groter word die tas + hoe meer van die man loop saam met my. En dit is ‘n man met ‘n positiewe presence! Iemand met wie ek nie woorde nodig het om mee te connect nie.
Hoe verder oms stap, hoe meer praat hy met my. Ons het die interesantste gesprekke + ek kry nie genoeg geluister en uitgepak aan die items in die tas nie. Die rustigheid en opwindende ervaring maak dat ek vir die eerste keer in ‘n lang tyd weer vrede ‘voel’.
Skielik staan ek voor ‘n huis wat ek nie ken nie, maar saam met ‘n klomp mense wat ek lank trug geken het. Die 1 vriendin se dat sy die huis vir mense moet uitverhuur + dat sy die sleutel het. Sy nooi almal om saam met haar in die huis te gaan kuier, maar ek voel nie gemaklik nie + besluit om aan te hou stap.
Ek + die man kom toe by ‘n ingang na ‘n winkel + ek kry ‘n sms. My Love stuur vir my ‘n sms boodskap wat ek net kan sien soos ek dit lees. Sy mis my + sy se sys lief vir my + wil weet hoe lank ek nog weg gaan wees.
Ek wys die sms vir die man + voel in 2 geskeur. Ek wil nie weggaan van hom nie, want ek voel so at peace in sy geselskap, maar ek wil so graag by My Love uitkom om dit met haar te deel.
Die man glimlag + dit gee ‘n warmte in my hart wat ek nog nooit gevoel het nie. ‘Moenie bekommerd wees nie. Gaan na haar + vat die swart klip saam, want ek is altyd hier’.
Die grootste stuk vrede wat ek al ooit in my lewe ervaar het, het in my hart kom vassit + ek sal dit verseker vir altyd kan saamdra!
Die droom oor die man in die swart klip het ‘n indruk op my gelaat – 1 wat woorde nie kan beskryf
nie…
-
Recent Posts
-
Recent Comments
- lettiekonfetti on 0 – 40 in 40 years
- Anonymous on 0 – 40 in 40 years
- Your love on die man in die swart klip
- M on om gay te wees vat guts!
- Antjie Foucault on om gay te wees vat guts!
Archives
My love, ons kan getuig van soveel stories in ons lewens en hoe die Here Haarself SO tasbaar wys dat jy dit kan voel en ruik. Ek join jou en vertel my storie:
(Net om dit in konteks te plaas vir jou wat hier lees). Ek en my love bid al vir baie lank (soos in ‘n jaar of 2) dat daar shifts sal plaasvind in my werkslewe. ‘n Week terug raak dit toe vir die eerste keer so tasbaar dat ek die energie wat hiermee saamtaan kan voel, kan ruik, kan proe… Maar natuurlik is die konteks so verweef met baie ander mense se kontekste en dit laat my weerloos in sekere opsigte. ….. …… …. en so is dit ‘n week later en ek het pas moes aanhoor dat daar een vrou tussen my en my nuwe wereld staan en sy staan daar met meer autoriteit as wat ek het (en wil he) en terwyl ek 1000 000 goed probeer verwerk en sif in my kop, sit ek in die traffic in Buitengracht en daar kom ‘n Indier man met St Joseph lelies in sy hand na my toe. ‘n Indier man met ‘n hoedjie op sy kop, en hy het ‘n rok aan. Hy vra vir my of ek lelies wil he en ek se vir hom nee, met trane in my oe na als. So ek probeer eintlik net ontslae raak van die man want ek is hartseer en nie eens sy St Joseph lelies is toe vir my mooi nie. Die volgende oomblik se hy vir my die lelies is amper so mooi soos ek en ek vererg my vir die blerrie man en kyk op na hom, gereed om vir hom te se LOOP (in duits), en dis toe dat hy met sy oe reguit in my oe kyk en se die wereld het mense nodig soos ek. En dat ek nie my smile ooit moet wegsteek nie want die wereld sal deprived wees van iets. En hy gaan toe aan om te se dat ek geen idée het hoe nodig HY daardie smile gehad het vandag nie. In daardie oomblikke het ek geweet dis die Here wat as ‘n INDIER man met St Joseph lelies in sy hand staan. Heilige moments. Asof die Here my troos (EN dit nadat ek sy St Joseph lelies weggewys het) en se ek moenie nou ophou smile nie.
Jy kan argue dat dit maar net ‘n man was wat brood op sy tafel moet sit, maar vir my was dit die Here self…