ek is vandag net opnuut herrinner daaraan dat om gay te wees vat regtig ‘n baie spesiale tipe persoon… dis nie vir ‘sissies’ nie…
die social structures rondom jou is beslis nie outomaties okay met jou nie
mense om jou is nie uit hul eie uit sommer outomaties gemaklik met jou nie
sosiale funksies is nie outomaties baie akkomoderend teenoor jou & jou partner nie
mense aanvaar jou nie outomaties vir die mens wie jy is nie
dit vat ‘n baie spesifieke tipe journey om in die eerste plek okay te wees met wie jy as mens is. om gay te wees is beslis nie ‘n keuse nie, maar dis wel ‘n keuse om jouself genoeg te respekteer om nie skaam te wees oor wie jy is nie… dit vat guts om vrede met jouself te vind, nie terug te staan vir mense wat issues met jou het nie en om – sonder om arrogant te wees daaroor – doodnormaal jou eie lewe te leef…
ek beleef dat die persoonlike journey (& struggle-pad) wat ‘n gay persoon moet loop om te aanvaar wie jy is, mens net meer volwasse en uitgesorteer maak. dikwels is dit makliker vir gay persone om ‘bo uit te kom’ omdat NIKS ooit vir ons vanselfsprekend is of kom nie… ek weet ek veralgemeen – dit is egter nie bedoel om enige straight persoon se volwassenheid / potensiaal te ontken nie.
vir al my gay vriende – ek respekteer jou journey om te kom waar jy is. ek respekteer jou honest yourney om sin te maak in ‘n sosiale samelewing wat nie altyd noodwendig respek het vir wie jy is en vir hoe jy sin probeer maak vir jou eie bestaan nie… ek het baie respek vir jou!
want jy het guts!!
Elke dag is ‘n dag van vergifnis. Lewe vanuit daardie wete….dis net baie makliker. Ek het eendag op ‘n baie goeie stukkie lewensles afgekom en dit is tot vandag toe nog deel van my bestaan: “Forgiveness is the feeling of peace that emerges as you take your hurt less personally, take responsibility for how you feel, and become a hero instead of a victim in the story that you tell/live”. Ons as “gay” mense is somtyds geneig om te maklik die victim te wil wees net om aanvaar te word……
Ai hoe hartseer…Selfgesentreerd noem ‘n mens hierdie geval…”EK is vandag net opnuut herrinner, vrede met JOUSELF, ‘n keuse om JOUSELF genoeg te respekteer, doodnormaal jou EIE lewe te leef, EK respekteer jou journey , EK respekteer jou honest yourney, en vir hoe jy sin probeer maak vir jou EIE bestaan nie??????” Wat van die mense om jou wat jy seermaak om gay te wees, hoekom? Hoe kan dit nie ‘n keuse wees nie? Ja daar is nie groot en klein sonde nie en ons almal doen sonde, maar jy moet besef om gay te wees is ‘n sonde…Jy moet erken dit is ‘n sonde en dit bely!!!!!!!! Jakobus 5:16- ” Bely julle sonde eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word” Jy moet die sonde wat vir jou lekker is laat staan… Hoop jy neem hierdie ter harte!!!!
Hallo Miekie,
Jy is reg, daar is nie klein & groot sonde nie, maar jy moet besef om te oordeel is ‘n sonde… Jy moet erken dit is ‘n sonde en dit bely!!!!!!!!! Jakobus 5:16 – “Bely julle sonde eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word” Jy moet die sonde wat vir jou so maklik kom laat staan… Hoop JY neem hierdie ter harte…
Bogenoemde is nie bedoel om jou te ‘spot’ nie… Maar ek hoop jy het die spieel raakgehoor wat ek graag vanaand voor jou wil neersit. Jy hoef nie vanaand met my saam te stem nie, maar ek hoop dat jy jouself voor die Here eerlik kan antwoord op hierdie vraag:
“Is ek 100% oortuig dat ek, as Miekie, iemand kan oordeel wat ‘n honest pad met God gestap het om vrede te kry oor wie sy is voor God? Is ek 100% seker dat God GEMORS gemaak het toe Hy Lettiekonfetti gemaak het en het ek die REG voor God om ‘n mens hel toe te stuur met my menslike oordele?”
Miekie, ek dien die Here 10@1 NET so voluit soos jy… Daarom kan ek nie vanaand vir jou se wat jy moet doen, hoe jy moet dink en hoe jy jou lewe moet inrig nie. My gebed oor jou vanaand is dat jy met dieselfde erns as wat ek in my 39 jaar op aarde leef, voor God se voete sal gaan sit en toelaat dat Hy jou vrede gee oor jou siening. En as jy oortuig bly van jou siening, is ek dankbaar dat Sy genade vir ALLE mense genoeg is! En indien Hy jou anders oortuig, wens ek jou lewe VREDE toe…
Dankie vir jou bydrae tot my blog. Ek het baie geduld met mense wat sukkel om God se genade vir ALLE mense te embrace…
“Wat van die mense om jou wat jy seermaak om gay te wees, hoekom?”
Sjoe Miekie, daai is een van die grootste struggles waarmee ek lank geworstel het nadat die kas omgeval het. Wat van die mense wie ek seermaak deur openlik te wees oor wie ek is? En ek het lank vreeslik verskoning gevra daarvoor, almal om my in ag geneem, gesê “shame, dis moeilik vir hulle, ek moet hulle die kans gee om oor dit te kom” (want ek het geweet ek gaan/kan nie verander nie). En toe op ‘n dag besef ek dat al die mense oor wie se gevoelens ek so vreeslik bekommerd was my nog nooit gevra het of EK okay is nie. Nie een keer het hulle besef dat dit ook vir MY moeilik is nie, dat die moeilik-wees binne-in my al jare daar is, terwyl hulle (op daardie stadium) nog net ‘n paar maande daarmee moes werk. Terloops, dis my straight, Christen ma wat my tot hierdie besef gebring het.
Miekie, ek het besluit om nie te veel te worry oor die mense om my nie. Jy sien, die mense vir wie ek vreeslik lief is is okay met my. Die keuse, vir my, kom daarin dat ek kan kies wie ek toelaat om my om te krap, en ek kan kies om my te omring met mense vir wie ek lief is.
Miekie, dink jy nie ook dat die heel grootste sonde is om sonder liefde te leef nie? Want as die wese van God, liefde is, is dit tog die edelste ding wat ons kan doen in hierdie lewe: om in liefde, in God, te lewe. En dan moet ek myself vra of ek enige teregwysings kan regverdig deur te sê “ek doen dit, want ek is lief vir jou”. Ek kan nie, dit maak in my wêreld glad nie sin nie. Al wat sin maak is om in liefde te leef, om my te omring met liefde, om my te vul met liefde, totdat dit vir my voel of ek gaan bars daarvan, tot my kop draai en my ore suis, want dan, slegs dan, weet ek dat ek die wese van God ken.
Liefde
Antjie
Miekie, my lewe lank het ek so dood gevoel.. tot die dag wat iemand my ook maar uit die kas geploender het en die waarheid oopgestel het vir almal om te sien. NIEMAND het toe gevra, “oh gits, is jy okay nie?”. Dit was net ‘n geval van hoe VERKEERD en SONDIG dit is.. Ek het gedink dit was die slegste tyd in my lewe op daardie stadium, nou dink ek lewe het BEGIN daarna. Ek voel nie dood nie, ek kan lewe embrace EN die beste is, ek het gelowige gay vriende om my!! Wat ‘n journey!
Soos vele ander op dieselfde pad, is ek gestuur na dominees en sielkundige, bloot omdat so baie mense dink dis ‘n skroefie wat net weer vasgedraai kan word. Die “sessies” was toe uitstekend!! Ek kon myself weer opnuut vind en God toelaat in my mosaic prentjie.. Hy kon my aanvaar, want ek kon Hom toelaat..
God maak nie gemors nie.. Anders loop die wereld vol van dit.. Gaywees is menswees.. Dit is wie ek is, dis waar ek my rus gevind het, my gay, gelowige vriende gee my ‘n veilige hawe en my familie, so moeilik soos ek dink dit vir hulle is sien hul kind vir wie sy is – eg, en eerlik teenoor haarself. Ek lewe nie meer ‘n leuen nie.. Inteendeel, na die doodsgevoel LEWE ek! En daarin vind ek geluk, my lewe gaan vir God se werk en dit behels BESLIS nie om mense te veroordeel tot die hel en sleg te sê nie. Liefde bowenal als…
Baie liefde vir jou,
M